Wednesday, 27 August 2008

pappa

my pappa het krul donker hare.
hy dra 'n 80's leesbril.

my pappa praat italians
en speel die trek klavier, beter as n russiese soldaat.

my pappa, teken my soms .
ek maak seker dat ek nie beweeg nie.
soms het ek kwaad geraak as ek so moet stilsit.

ek wens ek wou langer sit,
langer sit vir hom ,
sodat hy my kan teken vir nog net een uur.

my pappa het my leer fiets ry, hy het vir my n busbed gebou.

my pappa het ons na die inry bioskoop gevat

in die winter ruik hy soos kaneel.

my pappa is vol pype en masjiene is aan sy arms gekoppel.

my pappa is sterk

my pappa is 'n viking.

my pappa huil in die aande as ons gaan slaap .

n harde huil. n skreeu huil.

my pappa se bed is leeg.
die masjiene is weg.

ek kyk kort kort weer.
want dalk die keer is hy daar

dalk wag hy vir my om die draai.
met streamers en ballonne en n draai roomys.

maar hy is nooit daar nie.

as jy hom sien, sal jy asb vir hom se ek wag vir hom.
ek het planke vir die boomhuis,

en se vir hom , dat ek nie sal kwaad wees dat hy laat is nie.

groete

elena agnello

1 comment:

  1. Beautiful... my hart pyn so mooi is dit.

    ReplyDelete