jy is 'n karoo braai piekniek toe ek nog klein was.
en die lug is vars en soet
en takkies dans in die vuur
en die grootmense maak braaibroodjies
en ons hardloop so vinnig as wat ons kan .
ons wil by die horison uitkom
waar Oom Jasper die berg -tier- leeu gewaar het!
ons enkels is geskraap van doringbossies
maar dit pla nie.
want ons het plannetjies en in die hantam wereld kan jy in enige iets glo.
die berge staan wag
soos jou oumas en oupas
ek verlang jou waarheid.
This comment has been removed by a blog administrator.
ReplyDelete